Wie is Ons
Die Voortrekkers is ’n toekomsgerigte jeugorganisasie wat
- Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm.
- Afrikanerkinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.
- Afrikaners begelei om as oortuigde Christene nie net Bybelse waardes in hul persoonlike lewens uit te leef nie, maar ook om gemeenskapswaardes deur middel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
- Afrikanerkinders help om lewensvaardighede te ontwikkel om as uitnemende en diensbare leiers ’n betekenisvolle en positiewe bydrae te lewer tot die land en die kontinent.
- Afrikanerkinders ’n tuiste bied waarin hulle Afrikaners se geskiedenis, taal, kultuur en tradisies ten volle kan uitleef en geniet.
Neutedop
Wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos?
Hieronder volg alles wat u moet weet – van ledegelde,
spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite
sal
deur die loop van die jaar deurgegee word soos dit beskikbaar
raak.
Spanne
Ons Dagbestuur Span
Lourens Van Staden
Kommandoleier
Sonja Ludik
AKL Administrasie
Ilze du Toit
AKL FinansiesAdri Swart
AKL Verkennersake






























