Opening


Wie is Ons

Die Voortrekkers is ’n toekomsgerigte jeugorganisasie wat

  • Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm.
  • Afrikanerkinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.
  • Afrikaners begelei om as oortuigde Christene nie net Bybelse waardes in hul persoonlike lewens uit te leef nie, maar ook om gemeenskapswaardes deur middel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
  • Afrikanerkinders help om lewensvaardighede te ontwikkel om as uitnemende en diensbare leiers ’n betekenisvolle en positiewe bydrae te lewer tot die land en die kontinent.
  • Afrikanerkinders ’n tuiste bied waarin hulle Afrikaners se geskiedenis, taal, kultuur en tradisies ten volle kan uitleef en geniet.

Neutedop

Wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos?

Hieronder volg alles wat u moet weet – van ledegelde, spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite sal deur die loop van die jaar deurgegee word soos dit beskikbaar raak.

Kommandobyeenkomste

Elke kwartaal word ten minste een kommando aktiwiteit gehou, waartydens al die spanne van die kommando betrokke is.

Spanbyeenkomste

Weeklikse spanbyeenkomste (of soos in spanverband ooreengekom) word gehou. Die spanoffisier sal die spesifieke dag, tyd en plek met die span kommunikeer.

Kampe

Alle kampe is opsioneel. Spankampe word binne spanverband gereël. Daar is ook 'n Gr 0-3 kamp (Klein Klappie Kamp), 'n Kommandokamp en baie Gebiedskampe (Gr 4-12) om van te kies.

Spanfonds

Onthou asseblief dat offisiere glad nie betaling ontvang vir hulle dienste nie! Aangesien offisiere in die verlede baie onkostes t.o.v. aanbiedingsmateriaal, eetgoed ens. uit hulle sakke betaal het, is daar voorgestel dat ‘n spanfonds van ±R150 per kwartaal gehef word, wat gaan vir die dag tot dag uitgawes van die span bv. papier, afdrukke, aanbiedingsmateriaal vir graadwielwerk, eetgoed ens. Die spanoffisier sal die spanfonds met die span se ouers bespreek. Betaling van spanfonds moet met die offisier ooreengekom word. Die spanfonds word in die komando rekening betaal met die verwysing "Span naam Kind naam".

Ledegeld en Lidmaatskap

Ledegeld beloop R800 per jaar. Almal word aangemoedig om teen einde April te betaal. Aanlyn registrasie en her-registrasie is beskikbaar vir Jeuglede (Gr R – 12) as ook volwassenes.

Aanlyn Aansoek: https://registrasie.voortrekkers.co.za

Nuwe lede kry 'n unieke lidnommer sodra die lid geregistreer is by die gebiedskantoor.

Vir enige navrae oor finansies kontak Ilze finansies@klapperkop.co.za

Kleredrag

Inligting rondom die bestel van klere sal aan die begin van die nuwe jaar deurgegee word. Dit kan via die span geskied, of direk by die Voriemôl in Villieria aangekoop word.

Voortrekker Hempie:

Navy Blou gholfhempie met Voortrekker wapen. Dit word gedra met ‘n netjiese denim en tekkies en word dan AKTIEWE DRAG genoem. Jou kind moet so ‘n hempie hê alvorens hy/sy ingelyf word, dus moet dit in die loop van sy eerste Voortrekkerjaar aangekoop word.

Erkenningsbaadjie :

Navy blou onderbaadjie waarop al die kentekens aangewerk word. Wanneer die PD’s dit saam met die AKTIEWE DRAG dra met ‘n denim langbroek, word dit FORMELE DRAG genoem. Vanaf Graad 4 is die dra van die onderbaadjie vir formele drag in ons kommando verpligtend. LW: Verkenners se formele drag verskil van dié van die PD’s – kontak gerus jou offisier vir meer besonderhede hieroor..

Spandrag:

Onderling in spanverband gereël om spanidentiteit te bevorder.

Spesiale Onderskeidings (Spesialisasies)

Die verwerwing van spesialisasies (kentekens) is opsioneel en word op ‘n vrywillige basis gedoen. Moedig die kinders asb. egter aan om minstens 2 spesialisasies vir die jaar te probeer verwerf – daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies en dus êrens iets vir elkeen se belangstelling. Behalwe dat dit interessant is, is hulle tog aan die einde van die dag baie trots as hulle die kentekens ontvang. Die verwerwing van ‘n sekere aantal spesialisasies is ook ‘n voorvereiste vir die Voorslag (Gr7) en Presidentsverkenner (Gr 12) toekennings.


Kentekens in spanverband: Die spanoffisier sal aan die begin van die jaar een of 2 spesialisasies identifiseer wat in spanverband gedoen sal word. Hy/sy sal jou van die kostes, indien enige, in kennis stel, asook van ‘n lys van items wat benodig sal word, indien van toepassing. Aangesien een van die vereistes is dat daar ‘n sekere aantal ure aan die werk spandeer moet word, moet jy asseblief seker maak dat jou kind die spanbyeenkomste gereeld bywoon sodat hy/sy nie gepenaliseer word nie. Evaluasie vind ook plaas alvorens die spesialisasie toegeken kan word.

GGA/GGN Kentekendae: By 'n Gebiedsgoedgekeurde Aktiwiteit/Naweek (GGA/GGN) kry jou kind geleentheid om spesialisasies waarin hy belangstel, en wat nie in spanverband gedoen word nie, te doen. Dit vind deur die loop van die jaar, gewoonlik op ‘n Saterdag (GGA), of oor ‘n hele naweek (GGN) plaas. Jou spanoffisier sal jou in kennis stel van opkomende kentekendae. Daar sal streng by sluitingsdatums vir inskrywings gehou word en GEEN inskrywings sal verwerk word indien die bewys van betaling nie daarby aangeheg is nie. Inskrywings word aan die spanoffisier gestuur. 

LW: Daar word gewoonlik vereis dat minstens 1 volwassene per span wat die dag bywoon, die kinders moet vergesel vir toesigdoeleindes. Spanne se ouers moet self onderling reël (of vooraf ‘n rooster opstel) van wie watter dag die toesighouding gaan waarneem. Indien daar nie volwasse toesig is nie, kan die kinders se inskrywings geweier word. Volwassenes wat die dag meemaak betaal ‘n nominale inskrywingsfooi vir middagete/verversings.

Gebiedskampe: Vanaf graad 4 (sommige kampe Graad 3) kan die kinders tydens vakansies op gebiedskampe gaan. Dit is kampe wat deur die Transvaalse Gebied gereël word en waarheen kinders van alle kommandos kan gaan. Elke kind besluit self of - en watter- kamp hy/sy wil bywoon. Hoewel nie verpligtend nie, is bywoning van 'n sekere aantal kampe wel 'n voorvereiste vir die Voorslag (Gr 7) en Presidentsverkenner (Gr 12) toekennings. Gebiedskampe word oor die algemeen nie in spanverband gereël nie, hoewel lede van ‘n span kan besluit dat hulle saam ‘n sekere kamp wil gaan bywoon. Die spanoffisier is ook nie noodwendig by die kamp betrokke nie en as hy/sy wel gaan, nie noodwendig by jou kind se groep nie. Tydens hierdie kampe word daar dan ook aan spesialisasies gewerk. Omdat langer tyd beskikbaar is, word die spesialisasies meer in diepte en meer prakties aangebied. 

Die verblyfsreëlings verskil van kamp tot kamp – by sommige moet die spanne self tente voorsien (verkieslik nie klein 2-man tentjies nie) en by ander word weermagtente voorsien, waarin die kinders dan opgedeel word. 

Hierdie kampe is ‘n wonderlike geleentheid vir jou kind om nuwe maats te maak en sy selfvertroue te ontwikkel. As dit enigsins moontlik is, beveel ons aan dat elke kind probeer om minstens 1 gebiedskamp elke jaar of 2 te doen. 

Gelde vir gebiedskampe moet in Klapperkop se rekening inbetaal word (tensy anders gespesifiseer). 

Daar word gewoonlik vereis dat ‘n kommando minstens 1 volwassene vir elke 6-8 kinders wat die kamp bywoon, saamstuur vir toesigdoeleindes. Indien die offisier nie self die kamp gaan bywoon nie, moet die ouers dus self reël vir ‘n volwassene om saam te kamp, indien daar nie reeds genoeg is nie. Indien daar nie genoegsame volwasse toesig is nie, kan die betrokke gebiedskamp die kinders se inskrywings weier.

Spanne


Pikkewyne
Dogters
Graad 2

Offisier : Annerine Moolman

Heemraadslid : Amanda Pike


Miere
Seuns
Graad 2

Offisier : Adolph Vogel

Offisier : Francois Van Veen


Hasies
Dogters
Graad 3

Offisier : Emrie van Tonder

Heemraadslid : Madelein Mulder


Rooikatte
Seuns
Graad 3

Offisier : Jakobus Muller

Offisier : Marc Otto


Madeliefies
Dogters
Graad 4

Offisier : Lindie Claasens


Breëkoparende
Seuns
Graad 4

Offisier : Paul Smit

Heemraadslid : Michelle & Hannes vd Berg


Dolfyne
Dogters
Graad 5

Offisier : Liandri Ferreira

Heemraadslid : Karien De Villiers


Visarende
Seuns
Graad 5

Offisier : Christo Ferreira

Offisier : Jonas Van Deventer


Krimpvarkies
Dogters
Graad 6

Offisier : Sanette Genis-Lucas

Heemraadslid : Liezel De Jager

Heemraadslid : Mia Nel


Tierboskatte
Seuns
Graad 6

Offisier : Marius Botha

Offisier : Pieter Zwart


Suikerbekkies
Dogters
Graad 7

Offisier : Marion Ebersohn

Offisier : Liesl Van Staden

Heemraadslid : Natasha Van der Walt


Springbokke
Seuns
Graad 7

Offisier : Herman Claasens


Vlinders
Dogters
Graad 8

Offisier : Sonja Ludik

Heemraadslid : Jeannie Van der Linde

Heemraadslid : Stephanie Wessels


Meerkatte
Seuns
Graad 8

Offisier : Ilze Du Toit


Uile
Dogters
Graad 9

Offisier : Sorina Jordaan

Heemraadslid : Trudi Pretorius


Hienas
Seuns
Graad 9

Offisier : Mauritz Meiring


Seeperdjies
Dogters
Graad 10

Offisier : Adri Swart

Heemraadslid : Ané Buchner


Koedoes
Seuns
Graad 10

Offisier : De Jager Burger

Heemraadslid : Dirk Venter


Duikers
Dogters
Graad 11

Offisier : Daleen Goosen-prinsloo

Heemraadslid : Lizél Swanepoel


Buffels
Seuns
Graad 11

Offisier : Dirk Van den Berg

Heemraadslid : Martin Coetzee


Seesterre
Dogters
Graad 12

Offisier : Nicci Kleynhans

Heemraadslid : Marliza Le Roux


Wildehonde
Seuns
Graad 12

Offisier : Nicci Kleynhans

Offisier : Jan-Albert de Kock

Heemraadslid : Braam Norval


Kalender

Ons Dagbestuur Span

Lourens Van Staden

Kommandoleier

Sonja Ludik

AKL Administrasie

Ilze du Toit

AKL Finansies

Adri Swart

AKL Verkennersake

Liandri Ferreira

AKL Sr PD Sake

Emrie Van Tonder

AKL Jr PD Sake

Kontak Ons

Adres

26 Okapi Rd Monument Park Pretoria 0181

Telefoon Nommer

0723730700